Kan julle glo? Ons kermis is om die draai!
Op 24 Oktober kuier ons weer soos elke jaar lekker saam! Soos julle weet gebeur ’n kermis nie vanself nie! 😉
Wil jy graag help met ons Kermis? Jy is baie welkom om die kerkkantoor te kontak (Elizna, 021 422 0569 of e-pos info@grootekerk.org.za) — ons deel jou dan in waar daar hulp nodig is. 🙌
Dis sommer ’n lekker manier om deel te wees van die dag, nuwe mense te ontmoet en nuwe vriende te maak!
Het jy kinderboeke wat al lankal op die rak staan en stof vergader? Of dalk bruikbare items in jou huis wat jy glad nie meer gebruik nie. 📚🧸👜
Bring jou skenkings asseblief na die kerkkantoor, Kloofstraat 55.
Maak sommer vandag jou kas leeg!
📍 Noordhoek
📅 16–18 Oktober
Kom geniet ’n heerlike naweek saam met ons by Noordhoek! 🌊☀️
Daar wag lekker kuier, goeie geselskap, hope pret en natuurlik baie lag. 😄❤️ ‘n Tyd om lekker saam met jou vriende te kuier.
👉 Moet dit beslis nie misloop nie!
Pak jou tas en kom geniet die Senior Kamp saam met ons!